Geen meer Onheilspellend

Vandag se post is in afrikaans net omdat ek vir een of ander rede in afrikaans dink.Ek hoor blogs is hierdie hele cliché vir die gene wat in my opinie net rerig nie weet hoe terapeties dit vir die human mind is, om elke dag te record.My gunsteling is natuurlik die Boesmans/ San wat hulle blogs op die klippe gehad het. Ek het net besef dat ek in hierdie kop van my lewe, wat gevul is met dae wat nie altyd stabiel is nie. Net die elke dag skryf of ietsie raak sien in die lewe wat jy van hou is ongelooflik healing. Dit bring my na die punt. Ek is ongelooflik teleurgesteld. My gunsteling tydverdryf is so paar weke terug weg. Spookstories op RSG. Tot my verbasing het ek so ewe 12uur op daai saterdag aand gewag met my popcorn en alles (die mood heel onheilspellend gemaak),toe ek hoor dit is van die radio af gevat. Ek kon dit nie glo nie! Soos ek hoor was dit 'new age', wat in nog 'n opinie van my, loutere onsin is.Nie te min het ek nog 'n guilty pleasure. Radio Pretoria ... bietjie weird ek weet maar daar is method in my madness. Dit voel of ek in 'n ander era is as ek daarna luister, plus dit maak my weer bewus van mooi ou afrikaanse woordjies. Ek kan tot wakker word in die oggend met die geluid van voeltjies, ja believe it or not hulle het geluide van voeltjies van 1am gwoonlik tot ses uur as ek dit nie verkeerd het nie. Dis heel anders as gewoon. Goed dan, ek is bly ek kon myself uitlaat in my taal, alhoewel my ma natuurlik erg met my raas (sy is erg oor reg spel en praat) omdat ek my taal so meng met my ander 'love' vir engels... :)  Ok hier is random pics van things (daai sin was dedicated aan haar ha ha)

Comments

Popular Posts

Image

us